Psalms 63:12 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die koning sal bly wees in God. Almal wat op God vertrou, sal Hom prys, terwyl leuenaars stilgemaak sal word. |
| Afrikaans 1983 | Laat die koning hom in God verbly, laat elkeen wat hom op God verlaat, Hom prys. Die mond van die vals mens word toegestop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning sal hom in God verbly; elkeen wat by Hom sweer, sal in Hom roem. Want hulle wat leuens verkondig se monde sal gesnoer word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die koning bly wees dat hy aan God behoort. Elkeen wat iets belowe en sê God is sy getuie, sal vir God prys, want die mense wat lieg, sal moet stilbly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die regeerder sal bly wees oor God. Elkeen wat erken dat die Here God is, sal sy Naam grootmaak. En almal wat op God vertrou, sal ook bly wees. Maar Hy sal almal wat loop en lieg se monde stilmaak. |