Psalms 58:12 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal almal sê: “Daar is regtig beloning vir dié wat toegewyd lewe; daar is beslis ’n God wat regverdig oordeel op aarde.” |
| Afrikaans 1983 | Die mense sal sê: Daar is tóg 'n beloning vir die regverdige, daar is tóg 'n God wat reg op die aarde laat geskied! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mense sal sê: “Daar ís beloning vir die regverdige, daar ís 'n God wat reg laat geskied in die land.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense sal sê: “Waarlik, dit sal goed gaan met die mens wat reg doen. Daar is 'n God wat die mense op die aarde reg oordeel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat dit raaksien, sal sê: Kyk, die Here beloon diegene wat Hom dien! Ja, daar’s regtig ’n God wat sorg dat reg op die aarde geskied. |