Psalms 47:10 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die heersers van die volke vergader saam met die volk van die God van Abraham. Die konings van die aarde behoort aan God. Hy is hoog verhewe. |
| Afrikaans 1983 | Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham. Die heersers van die aarde is onderworpe aan God, Hy is bo almal verhewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vooraanstaandes van volke kom bymekaar by die God van Abraham, want aan God behoort die skilde van die aarde. Hy is hoog verhewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die ander volke sal bymekaarkom saam met die volk van die God van Abraham, want God regeer oor die mense wat oor die aarde regeer, Hy is hoog bo almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Regeerders, heersers, ja, al die belangrikste mense sal by God kom staan omdat hulle graag sy mense wil wees. Hy is Abraham se God. Hoe groot is God nie; Hy heers oor al die heersers. Niks en niemand is so groot soos Hy nie. |