Numbers 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 'n man se vrou uitgaan en 'n oortreding teen hom pleeg, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete: Dit kan gebeur dat ’n man se vrou begin rondloop en ontrou is aan hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan, |
| Afrikaans 1983 | [12-15] om vir die Israeliete te sê: “As 'n man agterdogtig word, sodat hy sy vrou van ontrou verdink, moet hy haar na die priester toe bring. Dit kan wees dat die getroude vrou ontrou teenoor haar man was en met iemand anders geslagsgemeenskap gehad het sonder dat haar man daarvan weet of dat sy uitgevind is. Dit kan ook wees dat, hoewel sy oortree het, daar geen getuie teen haar is nie en sy nie betrap is nie. Dit kan ook wees dat die man agterdogtig is en sy vrou verdink hoewel sy niks verkeerds gedoen het nie. Die man moet sy vrou na die priester toe bring saam met die voorgeskrewe offer: een en 'n half kilogram garsmeel. Hy moet die meel nie met olie en wierook meng nie, omdat die offer bedoel is vir 'n geval van agterdog, 'n offer wat moet aantoon of daar oortree is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘As enigiemand se vrou op 'n dwaalspoor raak en aan hom ontrou is |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê: 'n Man se vrou is miskien ontrou aan hom |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [12-15] “As ’n man agterdogtig raak en dink sy vrou het ’n verhouding met ’n ander man, moet hy haar na die priester toe bring. Dit kan wees dat die getroude vrou by iemand anders geslaap het sonder dat haar man daarvan weet of sonder dat iemand dit uitgevind het. Dit kan ook wees dat, al was sy ontrou, daar geen getuie was wat haar betrap het nie. Dit kan ook wees dat die man agterdogtig is en sy vrou van sulke slegte dinge verdink sonder dat sy iets verkeerds gedoen het. In al hierdie gevalle moet die man sy vrou na die priester toe bring. Hy moet ook ’n offer bring van een en ’n half kilogram garsmeel. Hy moet die meel nie met olie en wierook meng nie, want so ’n offer waar ’n man sy vrou nie vertrou nie, is ’n offer wat die waarheid aan die lig moet bring. |