Nehemiah 8:19 — Compare Translations

4 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans 1983 Van die eerste tot die laaste dag van die fees het hulle elke dag uit die wetboek van God voorgelees. Hulle het sewe dae lank feesgevier, en op die agste dag was daar die gebruiklike samekoms.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esra het dag vir dag, van die eerste tot die laaste dag toe, voorgelees uit die boekrol met die Wet van God. Hulle het sewe dae lank fees gevier, en op die agtste dag was daar volgens voorskrif 'n gewyde rusdag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van die eerste dag van die fees tot die laaste dag het Esra elke dag uit die wetboek van God gelees. Hulle het die fees sewe dae lank gevier. Op die agste dag het hulle 'n gewyde feesdag gevier, soos die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esra het elke dag, vir die volle duur van die fees, ’n gedeelte van die wet van die Here voorgelees. Die fees het sewe dae geduur en op die agtste dag is daar ’n plegtige afsluitingseremonie gehou.