Nehemiah 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die vorige goewerneurs wat voor my was, was aan die volk belaster en het van hulle brood en wyn geneem, behalwe veertig sikkels silwer; ja, selfs hulle dienaars het heers oor die volk; maar ek het nie so gedoen nie, vanweë die vrees van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar dit was nie die geval met die goewerneurs wat my voorgangers was nie. Hulle het die mense swaar belas. Hulle het behalwe brood en wyn elke dag ook nog 460 gram silwer geëis. Selfs die goewerneurs se amptenare het van die mense misbruik gemaak. Maar ek het nie so opgetree nie omdat ek vir God ontsag het.
Afrikaans 1933/1953 terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.
Afrikaans 1983 Die vroeëre goewerneurs, almal voor my, het swaar eise aan die volk gestel. Hulle het behalwe brood en wyn elke dag ook nog vier honderd en sestig gram silwer geëis. Hulle amptenare het ook baas gespeel oor die volk. Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die eerste streekgoewerneurs wat voor my daar was, het swaar laste op die volk gelê. Hulle het brood en wyn van hulle geneem, en daarna ook nog veertig sikkel silwer. Selfs hulle werkers het oor die volk geheers. Maar ek, ek het uit ontsag vir God nie so opgetree nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die goewerneurs wat voor my hier was, het die mense laat swaarkry. Hulle het elke dag brood en wyn van elke persoon gevat. Die brood en wyn het 40 sikkels silwer gekos. En die manne wat vir die goewerneurs gewerk het, het ook die mense baie swaar laat kry. Maar ek het dit nie gedoen nie, want ek het die Here gerespekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al my voorgangers het anders as ek opgetree. Hulle het swaar laste op die mense geplaas. Behalwe vir brood en wyn het hulle ook nog elke dag 460 gram silwer van die mense as belasting geëis. Selfs hulle amptenare het die mense misbruik vir hulle eie gewin. Ek het dit nie gedoen nie omdat ek God eer.