Matthew 9:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die manskappe weggestuur is, het hy ingegaan en haar aan die hand gevat, en die slavin het opgestaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat die klomp buitentoe gejaag is, het Jesus in die dogtertjie se kamer gegaan, haar hand gevat, en sy het opgestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie het opgestaan. |
| Afrikaans 1983 | Nadat die mense uitgejaag was, het Hy in die huis ingegaan, die dogtertjie se hand gevat en sy is uit die dood opgewek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die klomp mense uitgejaag is, het Hy ingegaan en haar aan die hand geneem en die dogtertjie het opgestaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het eers al die mense uitgejaag, en toe het Hy in die dogtertjie se kamer ingegaan. Hy het haar hand geneem, en sy het opgestaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eers toe almal uit was, het Jesus by die huis ingegaan. Hy het die meisie se hand gevat en dit styf vasgehou. Die meisie het haar oë oopgemaak en opgestaan. |