Matthew 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl hy hierdie dinge met hulle spreek, kyk, daar kom 'n sekere owerste en aanbid hom en sê: My dogter is nou al dood; maar kom lê jou hand op haar, en sy sal lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus was nog besig om met hulle te praat toe daar ’n vername Joodse leier na Hom toe kom en voor Hom neerval met die woorde: “My dogter is nou net dood. Kom tog en sit u hand op haar en sy sal weer lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Hy vir hulle dit sê, kom daar 'n sekere owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe. |
| Afrikaans 1983 | Jesus was nog besig om dit vir die mense te sê toe daar 'n raadslid van die sinagoge voor Hom kom kniel en sê: “My dogter het nou net gesterwe, maar kom lê u hand op haar en sy sal weer lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was nog besig om dié dinge aan hulle te sê, en kyk, daar kom 'n sekere leier aan, kniel voor Hom en sê: “My dogter het pas gesterf, maar kom lê u hand op haar, en sy sal leef.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus was besig om met hulle te praat, toe kom daar een van die leiers van daardie stad na Hom toe. Hy het voor Jesus gekniel en vir Hom gesê: “My dogter het nou gesterf. Maar as U kom en u hand op haar sit, dan sal sy weer lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Vername leier uit daardie omgewing kom val toe voor Jesus neer: “Kom, asseblief! My dogter is nou net dood! Kom vat net aan haar en ek weet sy sal weer begin leef. Asseblief!” smeek hy. |