Matthew 8:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bevrees, kleingelowiges? Toe het hy opgestaan en die winde en die see bestraf; en daar was 'n groot kalmte.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Jesus sê vir hulle: “Waarom is julle so verskrik? Is julle geloof dan regtig so klein?” Daarna het Hy opgestaan, die winde en die see streng aangespreek en daar het ’n groot kalmte gekom.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom.
Afrikaans 1983 Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Hy het vir hulle gesê: “Hoekom is julle bang, kleingelowiges?” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die see. En alles het baie kalm geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle so bang? Hoekom is julle geloof so min?” Jesus het opgestaan en Hy het kwaai gepraat met die wind en die see. Die see het stil en kalm geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Het julle geen vertroue in My nie?” vra Jesus. “Sê My, as julle regtig in My glo, waarvoor is julle dan so bang? Dink julle julle sal ooit kan ondergaan as Ek by julle is?” Hy staan toe op en beveel die wind met gesag in sy stem om te gaan lê en die see om stil te word. Skielik, asof iemand ’n kombers van kalmte oor die meer getrek het, was alles stil.