Matthew 23:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle; en sommige van hulle sal julle doodmaak en kruisig; en sommige van hulle moet julle in julle sinagoges gésel en hulle van stad tot stad vervolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Let op, Ek sal vir julle profete en wyses en skrifkenners stuur. Julle sal sommige van hulle vermoor en kruisig en julle sal ander in julle sinagoges met swepe slaan en van die een dorp na die ander vervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges g,sel en van die een stad na die ander vervolg, |
| Afrikaans 1983 | Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, kyk, Ek stuur vir julle profete en wyses en skrifkenners. Julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig, en julle sal sommige van hulle in julle •sinagoges gesel en hulle van dorp tot dorp vervolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, Ek sal nou profete en wyse mense en skrifgeleerdes na julle toe stuur. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig. Julle sal party van hulle met swepe slaan in julle sinagoges, en julle sal hulle jaag en in elke stad laat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink dan maar weer! Daarom stuur Ek aanhoudend manne van God na julle toe. Hulle probeer julle op allerhande maniere op die regte pad help. En wat doen julle met hulle? Hierdie een gryp julle en maak hom dood. Daardie een laat julle aan ’n kruis vasslaan. Ander verneder julle voor almal deur hulle by julle vergaderings uit te skel en selfs te slaan. As hulle probeer wegkom, probeer julle dit ook vir hulle so moeilik moontlik maak. Oral waar hulle gaan, is dit dieselfde storie: belediging en vervolging. Daarvoor sorg julle maar alte goed. |