Luke 16:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Dit is julle wat julleself regverdig voor die mense; maar God ken julle harte, want wat onder die mense hoog geag word, is 'n gruwel in die oë van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe vir hulle: “Julle wil graag in die openbaar goed voorkom, maar God ken julle bose harte. Wat hierdie wêreld vereer, is ’n gruwel in die oë van God.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir hulle: “Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hulle: “Dit is julle wat julleself voor die mense regverdig voordoen, maar God ken julle harte. Want dit wat deur mense hoog aangeskryf word, is 'n gruwel voor God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Jesus het vir die Fariseërs gesê: “Wanneer die mense julle kan sien, dan maak julle of julle baie goed is, maar God ken julle harte. Party dinge wat vir mense wonderlik is, is dinge waarvan God niks hou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ja, spot maar!” het Jesus geantwoord. “Julle maak asof julle nooit ’n voet verkeerd sit nie. Julle beïndruk almal met julle vroomheid, maar God kyk dwarsdeur julle. Hy weet baie goed wat binne-in julle aangaan. En weet julle wat? Hy hou niks van julle nie. Julle walg Hom! “Maar Ek het nog ander slegte nuus vir julle: julle godsdiens is uit die mode. Ja, julle het reg gehoor: dis uitgedien! Al julle wette en reëls behoort tot die verlede.