Luke 13:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy sal sê: Ek sê vir julle: Ek ken julle nie waarvandaan julle is nie; Gaan weg van My, alle werkers van ongeregtigheid! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En Hy sal antwoord: ‘Ek sê vir julle, Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg, julle almal wat kwaad doen.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! |
| Afrikaans 1983 | Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy sal vir julle sê, ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg van my af, julle almal wat onreg pleeg. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie. Julle almal moet weggaan van my, julle het gedoen wat verkeerd is.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar Ek sal van binne af antwoord: ‘Gaan weg! Ek weet nie wie julle is nie. Hier’s nie plek vir julle nie.’ “Dan sal hulle antwoord: ‘Maar onthou U ons dan nie meer nie? Ons het saam met U geëet en feesgevier. Toe U hier by ons op die aarde was, het ons oral agter U aangeloop.’ “Dan sal Ek antwoord: ‘Ek het nie die vaagste idee wie julle is of waarvandaan julle kom nie. Gee dadelik pad, julle goddelose spul! Hier in my huis is daar nie plek vir julle nie.’ |