Leviticus 23:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle mag geen werk doen nie: dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte in al julle woonplekke.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag hoegenaamd geen werk doen nie. Dit is ’n permanente reël en moet nagekom word waar julle ook al woon.
Afrikaans 1933/1953 Julle mag g,,n werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
Afrikaans 1983 Julle mag geen werk doen nie. Hierdie dag moet vir altyd 'n vaste instelling wees, waar julle of julle nageslag ook al woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geen werk mag julle doen nie. Dit is 'n vaste voorskrif wat vir altyd vir julle nageslagte geld, waar julle ook al woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie werk doen wat julle altyd doen nie. Julle en julle nageslag moet hierdie dag altyd vier, oral waar julle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet ’n vaste reël vir julle en julle nageslag wees, waar julle ook al bly, dat daar op dié bepaalde dag glad nie gewerk mag word nie.