John 19:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hy vir die dissipel: Hier is jou moeder! En van daardie uur af het daardie dissipel haar na sy eie huis geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Hy vir die dissipel: Dr is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem. |
| Afrikaans 1983 | Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, daar is jou moeder!” En van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Hy sê vir daardie dissipel: “Daardie vrou is nou jou ma.” Van toe af het daardie dissipel vir Jesus se ma by hom laat woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy kyk toe vir sy volgeling: “My vriend, laat sy van nou af jou ma wees.” Van toe af het Maria by hom gaan bly en hy het haar versorg. |