John 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woorde bewaar; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus antwoord hom toe: “As iemand My liefhet, sal hy my boodskap gehoorsaam uitvoer; en my Vader sal hom ook liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom tuisgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. |
| Afrikaans 1983 | Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy ter harte neem wat Ek sê, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hom gesê: “As mense lief is vir My, dan sal hulle doen wat Ek vir hulle sê, en my Vader sal lief wees vir hulle. Dan sal Ek en die Vader na hulle toe kom en by hulle bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [23-24] Jesus antwoord toe: “Wel, Judas, die saak staan so. Daar is twee soorte mense: die mense wat My liefhet, en die mense wat niks met My te doen wil hê nie. Die mense wat My liefhet, neem alles wat Ek sê baie ernstig op; die ander steur hulle nie daaraan nie. God staan 100% agter hulle wat my woorde ernstig opneem, want dit is mos eintlik God self se woorde. Weet julle, my Vader en Ek sal al twee op ’n baie intieme manier deel word van daardie persoon se lewe. |