John 12:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl julle lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan wees. Hierdie dinge het Jesus gespreek en weggegaan en hom vir hulle verberg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl julle nog die lig by julle het, moet julle aanhou glo in die lig sodat julle kinders van die lig kan wees.” Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy vertrek en vir die mense gaan wegkruip. |
| Afrikaans 1933/1953 | So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl julle die lig het, moet julle in die lig glo, sodat julle mense van die lig kan wees.” Dit het Jesus gesê en daarna van hulle af weggegaan en Hom skuil gehou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan wees. ” Toe Jesus dit gesê het, het Hy weggegaan en Hom van hulle onttrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is die Lig en Ek is nou hier by julle. Julle moet in My glo, dan sal julle kinders van die lig wees.” Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy weggegaan, en hulle kon Hom nie kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Lig skyn nou oor julle. Maak oop julle oë en aanvaar die Lig. Dan sal julle altyd by die Lig wees en werklik sinvol kan leef.” Daarna is Jesus daar weg sonder dat die mense presies geweet het waarheen Hy is. |