Jeremiah 44:26 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sê weer, luister na die Here se boodskap vir al die Judeërs wat in Egipte woon. Hy sê: ‘Ek het ’n eed afgelê en Ek is so ernstig daaroor dat Ek my Naam en reputasie op die spel plaas. Die mense van Juda wat in Egipte woon, sal my Naam nooit weer gebruik nie. Julle mag nie my Naam gebruik as julle ’n eed neem om krag aan julle woorde te verleen nie. Julle mag nooit weer sê: So waar as die oppermagtige Here lewe nie!
Afrikaans 1933/1953 Daarom, hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die HERE: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here HERE leef!
Afrikaans 1983 Maar hoor die woord van die Here, alle Judeërs wat in Egipte woon: Ek lê 'n eed af by my groot Naam: Nooit sal my Naam weer deur 'n enkele Judeër genoem word nie, niemand van julle almal in Egipte sal weer sê: “So seker as die Here my God leef” nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, hoor die woord van die Here, ganse Juda wat in Egipteland woon, ‘Kyk, Ek lê 'n eed af by my groot Naam;’ sê die Here, ‘in die hele Egipteland sal my Naam nooit weer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda wat sê, “So waar as my Heer, die Here, leef!” nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle moet hoor wat sê die Here vir al die Judeërs wat in die land Egipte woon. Die Here sê: So seker soos Ek lewe, niemand van die Judeërs in die hele land Egipte sal weer my groot Naam kan noem wanneer hy iets wil belowe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sê weer, hoor wat is die Here se boodskap vir julle. Hy sê: Ek het ’n eed gesweer en Ek is so ernstig daaroor dat Ek my Naam en reputasie op die spel sit. My Naam sal nooit weer deur enige van die mense van Juda wat in Egipte is, genoem word nie. Julle mag nie my Naam gebruik as julle ’n plegtige belofte maak om krag aan julle woorde te gee nie. Julle mag nooit weer sê: ‘So waar as die Here leef’ nie!