Jeremiah 29:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle vervolg met die swaard, met die hongersnood en met die pes, en Ek sal hulle oorlewer om te wankel in al die koninkryke van die aarde, om 'n vloek en 'n verbasing en 'n gespot en 'n smaad te wees, onder al die nasies waarheen Ek hulle verdryf het:
Afrikaans (NLV) 2011 Ek agtervolg hulle met oorloë, hongersnood en epidemies en Ek verstrooi hulle oor die hele aarde. Oral waar hulle kom, sal mense skrik oor wat met hulle gebeur het. Mense sal hulle afstootlik vind en hulle verag of hulle spot en grappe oor hulle maak.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: 'n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;
Afrikaans 1983 Ek sal die volk agtervolg met oorlog en met hongersnood en met pes. Ek maak hulle tot iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik: onder al die nasies waaronder Ek hulle sal verstrooi, sal hulle naam gebruik word wanneer mense ander wil vervloek, wil bang maak, wil beledig of wil verneder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan hulle met die swaard, hongersnood en pessiekte agtervolg en Ek gaan van hulle 'n skrikwekkende voorbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde, 'n voorbeeld van vervloeking, 'n skrikbeeld, die rede vir 'n gefluit en 'n bespotting onder al die nasies waarheen Ek hulle verdryf het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal aanhou om hulle te laat sterf van oorlog en honger en pes. Die mense van al die lande op die aarde sal skrik wanneer hulle hierdie stad sien, hulle sal die stad se naam gebruik wanneer hulle ander mense wil vervloek. Hulle sal bang wees en fluit, hulle sal spot oor wat met die stad gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan dit vir hulle sommer baie moeilik maak. Waar hulle ook al gaan, sal daar oorloë, kosskaarste en siektes wees. Ek sal hulle oor die hele wêreld laat spat. En daar waar hulle kom sal mense skrik oor wat met hulle gebeur het. Mense sal bang wees om naby hulle te kom omdat iets slegs hulle dalk ook kan tref. Hulle sal ander afstoot en verag word. Ander weer sal met hulle spot en grappe oor hulle maak.