Isaiah 8:23 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nogtans sal daardie tyd van donkerte en wanhoop nie vir altyd aanhou nie. Die land van Sebulon en Naftali sal gou verneder word, maar daar kom ’n tyd dat Galilea van die heidene, wat langs die pad tussen die Jordaan en die see lê, met heerlikheid gevul sal word. |
| Afrikaans 1983 | Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie. In die verlede het die Here die gebiede Sebulon en Naftali verneder, maar in die toekoms sal Hy die pad na die see van Galilea toe, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene in ere herstel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, daar sal nie 'n ligstraal wees vir hulle wat angs ervaar oor die land nie. In 'n vroeër tyd het Hy vernedering gebring vir die land Sebulon en die land Naftali. In die toekoms bring Hy eer vir die weg na die see, oorkant die Jordaan en die gebied van die nasies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit sal nie lank donker wees in die land waar die mense nou swaarkry nie. Voorheen het die Here die land Sebulon en die land Naftali verneder, maar eendag sal Hy dit weer goed laat gaan met hulle. Hy sal weer die pad na die see belangrik maak, ook die land oorkant die Jordaan-rivier en die land waar nou ander volke woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nogtans sal hierdie ellendige donker tyd nie vir altyd aanhou nie. Die gebiede van Sebulon en Naftali sal binnekort verneder word, maar in die toekoms sal die pad na die See van Galilea, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene in ere herstel word. |