Isaiah 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê vir hom: Pas op en wees stil; Wees nie bevrees nie, en wees nie moedeloos oor die twee sterte van hierdie rokende brande nie, oor die toorngloed van Resin teen Aram en van die seun van Remalja.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hom hy moet versigtig wees en kalm bly en nie bang word nie. Hy moet nie moedeloos word oor die woede van hierdie twee uitgebrande stukke hout nie, vir koning Resin van Aram en Peka, seun van Remalja nie.
Afrikaans 1933/1953 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie -- weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Rem lia;
Afrikaans 1983 Sê vir hom: Bedaar! Bly kalm! Moenie bang wees nie! Moet jou nie ontstel oor hierdie twee stukke brandhout nie, hulle rook net. Moenie bang wees vir die dreigemente van Resin en sy Arameërs en van Peka seun van Remalja nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir hom, ‘Wees versigtig, maar bly kalm! Moenie bang wees nie! Moenie lafhartig raak oor hierdie twee rokende houtstompe nie, oor die brandende toorn van Resin en die Arameërs en die seun van Remalja nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir Agas sê: Jy moet kalm bly. Jy moenie bang of bekommerd wees omdat Resin en Peka julle wil aanval nie. Hulle is soos twee stukke vuurmaak-hout wat net rook, hulle beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir hom: Bly kalm! Moenie nou kop verloor en bang word nie! Die dreigemente van koning Resin en sy Siriërs en van koning Peka, Remalja se seun, beteken net so min soos twee stompe hout wat klaar uitgebrand het en nou net staan en rook.