Isaiah 66:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal al julle broers as offer aan die HERE bring uit al die nasies op perde en in strydwaens en in werpsels en op muile en op vinnige diere, na my heilige berg Jerusalem, spreek die HERE, soos die kinders van Israel bring 'n offer in 'n rein voorwerp in die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal die oorblyfsel van jou volk terugbring uit al die nasies na my heilige berg as ’n offer vir die Here. Hulle sal ry op perde en waens, op drastoele, muile en kamele. Net soos Israel voorheen gedoen het, sal hulle graanoffers in rein skottels na die huis van die Here bring,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in 'n rein voorwerp bring na die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal al julle volksgenote uit al die nasies as 'n geskenk vir die Here saambring op perde, op waens, op drastoele, op muile en op kamele. Hulle sal hulle bring na my heilige berg toe, na Jerusalem toe, sê die Here. Hulle sal hulle bring soos die Israeliete die graanoffers in rein skottels na die huis van die Here toe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal al julle volksgenote uit al die nasies, as die Here se geskenk, op perde en strydwaens, op waens, muile en kamele, na my heilige berg, Jerusalem, bring,” sê die Here, “net soos die Israeliete die graanoffer in rein houers na die huis van die Here bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal julle familie bring uit al die volke. Hulle sal kom op perde en oorlogkarre en dra-stoele en muile en kamele. Hulle sal kom na my gewyde berg, na Jerusalem. Hulle sal 'n present vir My wees, soos die koring-offer wat die Israeliete na die tempel bring in 'n rein skottel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal almal terugbring van julle volk wat tussen die nasies bly. Hulle sal daardie mense soos ’n offer na die tempel in Jerusalem bring. Hulle sal op perde en waens, drastoele, muile en kamele na Jerusalem toe terugkom, sê die Here. Dit sal wees soos wanneer Israel hulle graanoffers in spesiale houers na die tempel toe bring. |