Isaiah 65:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal Ek julle tot die swaard tel, en julle sal almal voor die slagting neerbuig; want toe Ek geroep het, het julle nie geantwoord nie; toe Ek gespreek het, het julle nie gehoor nie; maar het gedoen wat verkeerd was voor my oë, en gekies waarin ek geen behae gehad het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het Ek julle bestem om doodgemaak te word. Julle sal moet neerkniel om geslag te word. Want toe Ek julle geroep het, het julle nie geantwoord nie. Toe Ek gepraat het, het julle nie geluister nie. Julle het gedoen wat verkeerd is reg voor my oë. Julle het gekies om te doen wat Ek haat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaarsak en doodgesteek word, omdat julle nie geantwoord het toe Ek geroep het nie, nie geluister het toe Ek gepraat het nie. Julle het gedoen wat verkeerd is in my oë, julle het gekies vir wat My nie aanstaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek bestem julle vir die swaard. Julle sal almal kniel vir die slagting, omdat Ek geroep het, maar julle nie geantwoord het nie, omdat Ek gepraat het, maar julle nie geluister het nie. Julle het gedoen wat verkeerd is in my oë; en wat Ek nie aanvaar nie, het julle gekies.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het besluit dat julle almal doodgemaak sal word. Julle sal almal tereggestel word. Ek het na julle geroep, maar julle het nie gereageer nie. Ek het met julle gepraat, maar julle wou nie luister nie. Julle het aangegaan om alles te doen wat vir My verkeerd is. Julle het verkies om die dinge te doen wat My nie aanstaan nie. |