Isaiah 56:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die seuns van die vreemdeling wat hulle by die HERE aansluit om Hom te dien en die Naam van die HERE lief te hê, om sy diensknegte te wees, elkeen wat die sabbat bewaar om dit te verontreinig en my verbond aangryp; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek seën ook die uitlanders wat hulle aan die Here wy en Hom dien en liefhet en die Sabbatdae onderhou en lewe volgens my verbond. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees -- elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluit om My te dien, om my Naam lief te hê, en om my dienaars te wees, almal wat my sabbatte onderhou en dit nie ontheilig nie, en wat lewe volgens my verbond, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En die nakomelinge van 'n vreemde wat hulle aan die Here verbind het om Hom te dien, om die Naam van die Here lief te hê en om sy dienaars te word – almal wat die Sabbat onderhou deur dit nie te ontheilig nie, en wat vashou aan my verbond – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [6-7] En Ek sal die mense wat nie Israeliete is nie en wat My kom dien, op my gewyde berg bring sodat hulle bly sal wees wanneer hulle in die tempel kom bid. Hulle moet lief wees vir my Naam, hulle moet my dienaars wees, hulle moenie die Sabbatdag ontwy nie en hulle moet aanhou lewe soos Ek vir hulle gesê het toe Ek met die Israeliete 'n verbond gemaak het. Ek sal daarvan hou dat hulle op my altaar offers bring, almal sal weet dat al die volke in my tempel kan kom bid.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die man wat van ’n ander volk af kom en bereid is om die Here lief te hê, toelaat om na my woonplek toe te kom. Hy moet doen wat die Here van hom vra. Hy moet gewillig wees om die sewende dag reg deur te bring. Hy moet ook volgens die ooreenkoms van die Here leef. |