Isaiah 54:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die berge sal wyk en die heuwels wankel; maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk nie, en die verbond van my vrede sal nie wankel nie, spreek die HERE, wat jou barmhartig is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie, en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie,” sê die Here wat Hom oor jou ontferm. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer. |
| Afrikaans 1983 | Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die berge mag wyk en die heuwels wankel, maar my troue liefde sal nie van jou wyk nie, en my vredesverbond sal nie wankel nie, ” het jou ontfermer, die Here, gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die berge en die heuwels sal verdwyn, maar my liefde vir jou sal nie verdwyn nie. Ek sal ook nie my verbond met jou breek nie, die verbond wat Ek met jou gemaak het toe Ek belowe het dat Ek vir jou vrede sal gee.” Dit sê die Here wat jammer is vir jou en wat jou terugneem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee. |