Isaiah 37:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sê vir hom: So sê Hiskía: Vandag is 'n dag van benoudheid en van bestraffing en lastering, want die kinders het by die geboorte gekom, en daar is geen krag om te baar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het vir Jesaja gesê: “So sê koning Hiskia: Dit is ’n dag waarop ons in die moeilikheid is. Ons is beledig en verneder. Ons is soos wanneer ’n kind gebore moet word, maar die ma het nie die krag daarvoor nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sê vir hom: So sê Hisk¡a: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir Jesaja gesê: “So sê Hiskia: Dit is 'n dag van rou. Ons is in die moeilikheid en ons is verneder. Ons is soos vrouens wat in die kraam is maar nie die krag daarvoor het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir hom gesê: “So sê Hiskia, ‘Hierdie dag is 'n dag van benoudheid en straf en vernedering; want die kinders het tot by die opening van die baarmoeder gekom, maar daar is geen krag om geboorte te gee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir Jesaja gesê: “Hiskia sê hierdie dag is 'n slegte dag, die Here straf ons vandag. Dit lyk of die Here ons gelos het. Dit is soos wanneer 'n baba al amper gebore word, maar sy ma is te swak om die baba te kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By Jesaja aangekom, het hulle vir hom die volgende boodskap van Hiskia af gegee: “Ons beleef ’n verskriklike tyd. Ons word bedreig en beledig, dis eintlik tragies, maar ons is soos ’n swanger vrou wat moet geboorte skenk, maar nie die krag het om te kraam nie. |