Isaiah 36:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Eljakim, die seun van Hilkía, wat oor die huis was, en Sebna, die skrywer, en Joag, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere na Hiskia gekom en hom die woorde van Rabsake vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Eljakim seun van Gilkija, die administrateur van die paleis, Sebna, die hof se sekretaris, en Joag seun van Asaf, die koninklike historikus, teruggegaan na Hiskia. Hulle het uit wanhoop hulle klere geskeur. Hulle het ingegaan om die koning te sien en hom vertel wat die Assiriese verteenwoordiger alles te sê gehad het.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hisk¡a gekom en hom die woorde van die r bsake te kenne gegee.
Afrikaans 1983 Die paleisbestuurder Eljakim seun van Gilkija, die staatsekretaris Sebna, en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Asaf het hulle klere geskeur en is terug na Hiskia toe om hom te vertel wat die hoofadjudant gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Eljakim, seun van Gilkija en hoof van die hofhouding, Sebna, die sekretaris, en Joag, seun van Asaf en herout, het by Hiskia aangekom met geskeurde klere, en aan hom die woorde van die rabsakee meegedeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het na Hiskia toe gegaan en hulle het hulle klere geskeur en vir hom vertel wat die hoof-offisier gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eljakim, Sebna en Joag het toe van ontsteltenis hulle klere geskeur. Daarna is hulle terug na koning Hiskia toe om vir hom die hele storie te gaan vertel.