Isaiah 30:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die volke sal in Sion in Jerusalem woon; jy mag nie meer ween nie; as hy dit hoor, sal hy jou antwoord.
Afrikaans (NLV) 2011 Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help. Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
Afrikaans 1983 Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, volk wat op Sion, in Jerusalem, woon, julle sal sekerlik nie meer huil nie. Die Here sal beslis genade aan julle bewys op julle roepstem om hulp. Wanneer Hy hoor, sal Hy julle antwoord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, volk wat in Sion woon, in Jerusalem, julle sal nooit weer huil nie. Wanneer julle die Here roep en vra Hy moet julle help, dan sal Hy weer goed wees vir julle. Dit is seker. Wanneer Hy hoor julle bid, dan sal Hy dadelik antwoord.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister, mense van Sion, julle wat in Jerusalem woon, julle hoef nie meer te huil nie. Die Here sal julle help as Hy hoor julle roep na Hom en vra vir sy hulp. Hy sal julle gebede verhoor die oomblik wat Hy dit hoor.