Isaiah 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Jy sal nie meer bly wees nie, o verdrukte maagd, dogter van Sidon! ook daar sal jy geen rus hê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê: “Nooit meer sal jy bly wees nie, verdrukte dogter van Sidon. Selfs as jy na Siprus vlug, sal jy nie rus kry nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.
Afrikaans 1983 Hy het gesê: “Sidon, jou dae van feesvier is op 'n end, jy sal verwoes word. Maak klaar, vlug oor na die Kittiërs toe! Ook dáár is nie rus vir jou nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Jy sal nie meer uitgelate wees nie, onteerde maagdelike dogter van Sidon. Die Kittiërs, as jy gereedmaak, na hulle oorvaar – ook daar sal jy geen rus hê nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Sidon, jy sal nie meer vrolik wees en feesvier nie. Die vyande sal jou verwoes. Gaan na die Kittiërs toe. Maar jy sal ook nie daar kan rus nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê: Jou dae van feesvier is vir altyd verby. Jy was op jou tyd ’n pragtige stad vol lewe, maar daardie tyd is verby. Jy was ’n magtige stad, maar nou kry jou mense swaar. Selfs al vlug hulle Siprus toe, sal hulle nie veilig wees nie.