Isaiah 10:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE van die leërskare, o my volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir die Assiriër nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, so sê die oppermagtige Here: “My volk in Jerusalem, moenie bang wees vir die Assiriërs wanneer hulle julle verdruk soos die Egiptenaars lank terug gedoen het nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.
Afrikaans 1983 Daarom, so sê die Here ons God, die Almagtige: My volk wat op Sion woon, moenie bang wees vir die Assiriërs nie, vir dié wat vir julle vertrap het en slawe gemaak het van julle, soos Egipte gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê my Heer, die Here, Heerser oor alle magte: “My volk wat in Sion woon, moenie bang wees vir Assirië nie! Hy slaan jou met 'n stok; hy lig 'n staf op teen jou, op dieselfde manier as Egipte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here wat oor alles regeer, sê: “My volk wat in Sion woon, julle moenie bang wees vir die Assiriërs nie. Hulle doen slegte dinge aan julle soos die Egiptenaars aan julle voorvaders gedoen het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom, so sê die Here, die almagtige God, vir sy volk wat in Jerusalem woon: Moenie bang wees vir die Assiriërs nie, selfs al laat hulle julle swaarkry soos destyds toe julle slawe in Egipte was.