Hebrews 10:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons ken Hom wat gesê het: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here. En weer, die Here sal sy volk oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons ken tog die Een wat gesê het: “Ék sal die straf voltrek, Ek sal die kwaad vergeld.” En verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. |
| Afrikaans 1983 | Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld;” en verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ons ken Hom wat gesê het: “Aan My behoort die wraak; Ek sal vergeld.” en ook: “Die Here sal sy volk oordeel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want ons weet wie hierdie woorde gesê het: Dit is Ék wat mense sal straf oor wat hulle verkeerd gedoen het. Hy het ook gesê: Die Here sal sy volk oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons ken Hom wat gesê het: “Ek sal straf uitdeel soos dit moet, Ek sal mense terugbetaal vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.” Verder het Hy ook gesê: “Die Here is die Een wat sal besluit wat met sy volk gaan gebeur.” |