Genesis 19:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die hy, hulle na buite gebring het, sê hy: Ontvlug vir jou lewe; kyk nie agter jou nie, en bly nie in die hele vlakte nie; vlug na die berg, dat jy nie verteer word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Buite die stad waarsku een van die engele: “Vlug vir julle lewe! Moet nêrens in die vlakte gaan stilstaan nie! En moenie omkyk nie! Vlug na die berge, anders sal julle doodgaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! |
| Afrikaans 1983 | Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net nadat hulle hulle na buite uitgelei het, sê een van die mans: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moet nêrens in die hele Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die berge, anders word jy meegesleur.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat die twee mans vir Lot en sy mense tot buite die stad gebring het, sê een van die mans: “Julle moet vlug as julle wil lewe! Moenie agtertoe kyk nie, en moenie êrens in die vallei stilstaan nie. Vlug na die berge, anders sal julle sterf!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle veilig was, het een van die engele gesê: “Vlug vir julle lewe. Moet net nie omkyk nie en moet nie sommer op enige plek gaan stop nie. Vlug liewers berge toe. Doen dit nou, anders sterf julle almal.” |