Ezekiel 31:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan wie is jy so gelyk in heerlikheid en in grootheid onder die bome van Eden? maar jy sal saam met die bome van Eden tot in die onderste dele van die aarde neergewerp word; onder die onbesnedenes sal jy lê by die wat deur die swaard verslaan is. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Met watter een van die bome van Eden kan jou mag en aansien vergelyk word, Egipte? Tog sal jy ook saam met die bome van Eden na die onderwêreld gebring word. Jy sal lê tussen die bannelinge wat met die swaard doodgemaak is. Dit is wat met die farao en al sy soldate gaan gebeur, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Wie onder die bome van Eden het soveel mag gehad, was so groot as jy, koning van Egipte? Tog sal jy saam met die bome van Eden afgaan graf toe en daar tussen die eerloses lê saam met dié wat gesneuwel het, jy, farao, en jou hele leër.” Die Here my God sê dit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Met wie kan jy, Egipte, vergelyk word in eer en grootte onder die bome van Eden? Maar jy sal neergehaal word saam met die bome van Eden, af na die wêreld daar onder. Tussen onbesnedenes sal jy lê, saam met dié wat deur die swaard gesneuwel het. “ ‘ “Dit is die farao en al sy hordes,” is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Farao, watter bome in Eden was so belangrik en so groot soos jy? Nie een nie. Nou sal jy ook moet sterf en afgaan na die land daar onder saam met die bome van Eden. Jy sal daar lê tussen die mense, niemand respekteer daardie mense nie. Jy sal daar lê saam met die mense wat in oorlog gesterf het, jy en al jou soldate.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Egipte, wie was so groot en sterk soos jy? Jy het gedink jy is die sterkste en die beste. Watter boom wat deur die Here geplant is, het so hoog soos jy gegroei, koning van Egipte? Maar jy sal ook so laag daal soos die graf. Jy sal saam met al die ander nasies vernietig word. Jou graf sal tussen al die mense wees wat deur die swaard doodgemaak is. Dit is die uiteinde van die koning van Egipte en sy baie soldate.” Die Here, die God van Esegiël, het dit gesê, en dit sal gebeur. |