Ezekiel 30:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook by Tehaphnehes sal die dag verduister word, wanneer Ek daar die jukke van Egipte sal verbreek; en die prag van sy sterkte sal in haar ophou: 'n wolk sal haar oordek, en haar dogters sal in ballingskap gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer Ek kom om Egipte se mag te breek, sal dit ook vir Tagpanges ’n donker dag wees. ’n Donker wolk sal daaroor hang en sy dogters sal weggelei word as gevangenes.
Afrikaans 1933/1953 En in Tagp nhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; 'n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.
Afrikaans 1983 In Tagpanges sal dit oordag donker word wanneer Ek die heerskappy van Egipte breek, wanneer die mag waarop hy hom beroem het, tot 'n end kom. Donker wolke sal hom bedek en sy dorpe se inwoners sal in ballingskap weggevoer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In Tagpanhes sal die dag donker wees wanneer Ek daar die jukke van Egipte breek, en die krag waarop hy trots is, tot 'n einde kom. Die stad self – 'n wolk sal dit oordek, en haar dogters sal in ballingskap gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal in die stad Tagpanges in die dag donker word wanneer Ek die jukke breek wat Egipte op ander volke se nekke gesit het. Daar sal dan nie soldate wees wat Egipte sterk maak nie. 'n Wolk sal die stad toemaak, en sy mense sal gevangenes word, hulle sal moet weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Tagpanes sal die son in die middel van die dag ondergaan, so donker sal dit word. Want Ek sal Egipte verwoes. Hy sal geen mag meer hê nie. “Egipte het gedink hy is so sterk. Hy het oral geloop en spog oor hoe sterk hy is. Daardie dag sal Ek sy mag breek. Dit sal lyk of donker onweerswolke oor die land opgekom het, die dag as die mense van die land as gevangenes weggevat word.