Ezekiel 12:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê aan die volk van die land: So spreek die HERE HERE van die inwoners van Jerusalem en van die land van Israel; Hulle sal hul brood met sorg eet en hul water met verbasing drink, sodat sy land 'n wildernis kan word van alles wat daarin is, vanweë die geweld van almal wat daarin woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir die burgers van die land: So sê die oppermagtige Here vir die inwoners van Jerusalem en vir die land Israel: Hulle sal bewe terwyl hulle hulle kos eet en hulle sal hulle water in wanhoop drink. Hulle land sal gestroop word van alles wat daarin is oor al die geweld wat die mense wat daarin bly, gepleeg het.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die Here HERE aangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lê vanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.
Afrikaans 1983 En jy moet vir die burgers van die land sê: So sê die Here my God vir die inwoners van Jerusalem, vir die land Israel: Hulle sal hulle kos met kommer eet en hulle water met huiwering drink, want die land sal gestroop word van alles wat daarin is omdat almal wat daar gewoon het, soveel geweld gepleeg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy vir die volk van die land sê, ‘So sê my Heer, die Here oor die inwoners van Jerusalem in die land Israel: “Hulle voedsel sal hulle met kommer eet, en hulle water sal hulle bewend drink, omdat Jerusalem se land en alles daarop verlate sal wees vanweë die geweld van al die inwoners daarvan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en dan moet jy vir die mense van die land sê: Die Here, Hy wat Here is, sê vir die mense wat in Jerusalem woon, vir die mense in die land Israel: Julle sal bekommerd wees wanneer julle eet en julle sal baie bang wees wanneer julle water drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sê vir die volk die Here, die God van Esegiël, sê vir hulle die volgende oor wat die toekoms inhou vir Israel en vir die mense wat in Jerusalem bly: Hulle sal bewe terwyl hulle hulle kos eet, so bang sal hulle wees. En hulle sal klein slukkies water drink terwyl hulle wanhopig rondsoek omdat daar nie meer kos en water in hulle land oor sal wees nie. Ek sal hulle land stroop sodat daar geen kos of water sal wees nie. En Ek doen dit omdat hulle so sleg en vol geweld is.