Exodus 13:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit moet vir jou 'n teken wees op jou hand en 'n gedagtenis tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond kan wees; want met 'n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie jaarlikse fees sal julle daaraan herinner. Dit sal soos ’n merk op jou hand en ’n herinneringsteken op jou voorkop wees. Dit sal julle help om altyd die Here se bevele in gedagte te hou. Dit was tog die Here wat julle met sy groot krag uit Egipte gered het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit moet vir jou as 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees; want deur 'n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei. |
| Afrikaans 1983 | Die fees moet vir julle wees soos 'n teken op die hand of 'n merk op die voorkop sodat julle altyd sal getuig dat die Here Hom aan julle geopenbaar het, want dit is met sy groot mag dat Hy julle uit Egipte bevry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal vir jou dien as 'n teken op jou hand en as 'n herinneringsteken op jou voorkop, sodat die wet van die Here op jou lippe sal wees. Want met 'n sterk hand het die Here jou uit Egipte uitgelei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die fees moet julle help om te onthou wat die Here vir julle gedoen het. Dit moet wees soos 'n teken op julle hand en tussen julle oë, sodat julle altyd kan onthou en vertel wat die Here vir julle geleer het. Dit is die Here wat julle met sy groot krag gehelp het om uit Egipte weg te gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die fees sal wees soos iets wat jy in jou hand geskryf het of soos ’n knoop wat jy in jou sakdoek gemaak het sodat jy nie kan vergeet nie. Jy sal moet getuig dat die Here jou met sy groot krag uit Egipte bevry het. |