Ecclesiastes 4:17 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Wees baie versigtig wanneer jy ingaan by die huis van God. Gaan eerder nader om te luister as om jou offer te bring soos dwase dit sou doen. Want dwase begryp nie dat hulle kwaad doen nie.
Afrikaans 1983 Wees baie versigtig as jy na die huis van God toe gaan. Dit is beter om nader te kom en te luister as om jou offer te bring soos 'n dwaas dit sou doen. 'n Dwaas kan niks anders doen as kwaad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trap versigtig wanneer jy na die huis van God gaan. Gaan nader om te luister eerder as om 'n offer te bring soos dwase, want hulle weet nie dat hulle verkeerd optree nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet versigtig wees wanneer jy na die tempel gaan. Dit is beter om naby die tempel te wees en net te luister, beter as om te offer soos 'n dwaas offer, want dwase doen net verkeerd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak seker wat jou motiewe is as jy na die huis van God toe gaan om die Here te dien. Gaan eerder soontoe om te luister en te leer as om soos ’n dwaas offers te bring, maar net mooi niks daarvan te verstaan nie. ’n Dwaas doen en sê net altyd die verkeerde dinge.