Deuteronomy 4:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur gewys; en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het julle sy stem uit die hemel laat hoor sodat Hy julle kon leer. Op aarde het Hy julle sy groot vuur laat sien sodat Hy met julle uit die vuur kon praat.
Afrikaans 1933/1953 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.
Afrikaans 1983 Hy het julle sy stem uit die hemel laat hoor om julle te onderrig en Hy het julle sy groot vuur op die aarde laat sien en julle het sy woorde uit die vuur uit gehoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Uit die hemel het Hy julle sy stem laat hoor om julle op te voed, en op die aarde het Hy julle sy groot vuur laat sien. En sy woorde het julle uit die vuur gehoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het uit die hemel gepraat en julle het sy stem gehoor, Hy het vir julle geleer hoe julle moet lewe. Hy het vir julle sy groot vuur op die aarde gewys en julle het gehoor dat Hy uit die vuur praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het uit die hemel met julle gepraat en julle geleer hoe om reg te leef. Hier op aarde het julle Hom uit ’n groot vuur hoor praat.