Deuteronomy 21:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy moet die seun van die gehate vir die eersgeborene erken deur hom 'n dubbele deel te gee van alles wat hy het; want hy is die begin van sy sterkte; die reg van die eersgeborene is syne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet die gebruiklike dubbele porsie vir die oudste seun gee. Dit is die een wat die krag van sy pa se manlikheid verteenwoordig en wat die regte van die eersgebore seun het selfs al is hy die seun van die vrou wat die pa minder liefhet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom 'n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne. |
| Afrikaans 1983 | Die man moet die seun van die vrou van wie hy nie hou nie, as oudste erken deur aan hom 'n dubbele deel van alles te gee. Hy is die eersteling van die man se manlike krag, en die reg van die eersteling kom hom toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nee, die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde, moet hy erken deur aan hom 'n dubbele deel te gee van alles wat hy besit. Hy is immers die eersteling van sy manlike krag. Die eersgeboortereg is syne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, hy moet wys dat hy weet dat die oudste seun twee maal meer moet erf as die ander seun, ook as hy die seun is van die vrou van wie hy nie so baie hou nie. Hoekom? Want die oudste seun is sy eerste kind, en hý moet die regte van die oudste seun kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ouer seun moet ’n dubbele deel kry van wat geërf word, soos dit die gebruik onder julle is. Die pa het immers hierdie seun eerste gehad en hierdie seun moet erf as die seun wat eerste gebore is, selfs al is hy die seun van die vrou vir wie die pa nie baie lief is nie.” |