Deuteronomy 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaars moet met die volk spreek en sê: Watter man is daar wat 'n nuwe huis gebou het en dit nie ingewy het nie? laat hom gaan en teruggaan na sy huis, dat hy nie in die geveg sterf en 'n ander man dit inwy nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal die offisiere van die leër die troepe toespreek en sê: ‘Het iemand pas ’n nuwe huis gebou, maar nog nie ingetrek nie? Jy kan dalk omkom in die geveg en dan moet iemand anders in jou huis bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat 'n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie. |
| Afrikaans 1983 | “Die leiers moet vir die volk sê: ‘Wie het 'n huis gebou en dit nog nie betrek nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander sy huis betrek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dan moet die opsieners die manskappe toespreek, ‘Wie het 'n nuwe huis gebou en dit nog nie in gebruik geneem nie? Hy mag teruggaan na sy huis, anders sneuwel hy in die geveg en neem iemand anders dit in gebruik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die voormanne moet dan vir die manne sê: ‘Wie het 'n nuwe huis gebou, maar het nog nie daarin gaan woon nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal 'n ander man miskien daar gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierna moet die offisiere van die soldate ook met die soldate praat. Hulle moet sê: ‘Is daar iemand onder julle wat so pas ’n nuwe huis gebou het, maar nog nie eens kon intrek voor hy opgeroep is om teen die vyand te kom veg nie? As daar so iemand is, moet hy huis toe gaan. Dalk word hy in die geveg doodgemaak, en dan gaan bly vreemde mense in die huis waaraan hy so hard gewerk het. |