1 Corinthians 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar met die ander spreek Ek, nie die Here nie: As enige broer 'n vrou het wat nie glo nie, en sy wil graag by hom woon, laat hy haar nie verstoot nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou gaan ek met die res van julle praat alhoewel ek nie ’n direkte opdrag van die Here het nie. As ’n Christenman ’n ongelowige vrou het en sy vind dit goed om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar vir die ander sê ek -- nie die Here nie -- as enige broeder 'n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie; |
| Afrikaans 1983 | Vir die ander sê ek — ek, nie die Here nie: As 'n gelowige man met 'n ongelowige vrou getroud is en sy gewillig is om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar aan die ander sê ek – nie die Here nie: As 'n broer 'n ongelowige vrou het wat instem om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is ook die probleem van iemand wat getroud is met 'n man of vrou wat nie 'n gelowige is nie. Die Here Jesus het nie iets spesiaal daaroor gesê nie, maar ék wil iets daaroor sê: As 'n gelowige man met 'n ongelowige vrou getroud is, en die ongelowige vrou is tevrede om saam met haar man te lewe, dan moet die gelowige man nie van sy vrou skei nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [12-14] Oor wat verwag word van ’n Christen wat met ’n nie-Christen getroud is, het die Here nie destyds met ons gepraat toe Hy op aarde was nie. Laat ek vir julle sê wat ek dink: as die nie-Christen gewillig is om met die Christen getroud te bly, moet hulle nie skei nie. As ’n nie-Christen met ’n Christen getroud is, beteken dit nie dat die Here daardie huisgesin verwerp nie. Dit sou mos beteken dat Hy die kinders van die huisgesin ook verwerp. Dit doen die Here nie. Die Here aanvaar daardie huisgesin en daardie kinders behoort aan Hom. |