bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 76
Psalms 76
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2
God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
3
Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
4
Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
5
Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!
6
Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
7
Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
8
U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
9
Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
10
toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
11
Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
12
Doen geloftes en betaal die aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, [ (Psalms 76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde. ]
← Chapter 75
Chapter 77 →