bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 75
Psalms 75
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2
Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
3
As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Âk regverdig.
4
Al wankel die aarde en al sy bewoners -- Âk het sy pilare vasgestel. Sela.
5
Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
6
Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
7
Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....
8
maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
9
Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
10
Maar,k sal vir ewig verkondig -- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob. [ (Psalms 75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word. ]
← Chapter 74
Chapter 76 →