bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 64
Psalms 64
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2
Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
3
Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
4
wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig -- bitter woorde! --
5
om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
6
'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
7
Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!
8
Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.
9
En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.
10
En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen. [ (Psalms 64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. ]
← Chapter 63
Chapter 65 →