bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 63
Psalms 63
Afrikaans 1933/1953
1
'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
2
***
3
So het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
4
Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
5
So sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
6
Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
7
as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
8
Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
9
My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
10
Maar hulle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
11
Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. [ (Psalms 63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. ]
← Chapter 62
Chapter 64 →