bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 47
Psalms 47
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2
Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!
3
Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
4
Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
5
Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
6
God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
7
Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
8
Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.
9
God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon. [ (Psalms 47:10) Die edeles van die volke het vergader -- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy! ]
← Chapter 46
Chapter 48 →