bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 46
Psalms 46
Afrikaans 1933/1953
1
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.
2
God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
3
Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
4
Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
5
Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
6
God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
7
Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
8
Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
9
Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
10
wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
11
Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]
← Chapter 45
Chapter 47 →