bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1933/1953
/
Psalms 124
Psalms 124
Afrikaans 1933/1953
1
'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie -- laat Israel dit sê --
2
as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
3
dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;
4
dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;
5
dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.
6
Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
7
Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.
8
Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
← Chapter 123
Chapter 125 →