bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 93
Psalms 93
Afrikaans (NLV) 2011
1
Die Here is Koning! Hy is met majesteit beklee. Inderdaad, die Here beklee Homself; Hy omgord Homself met krag. Die wêreld is stewig gevestig; dit kan nie wankel nie.
2
U troon is gevestig van altyd af. U bestaan van ewigheid af.
3
Die riviere het hulle verhef, Here. Die riviere het hulle stem verhef. Die riviere verhef hulle met gedruis.
4
Maar bo die gedreun van baie waters, bo die geraas van die golwe van die see, bo alles is die mag van die Here!
5
U bepalings is onveranderlik. Heiligheid versier u woning, Here, tot in lengte van dae.
← Chapter 92
Chapter 94 →