bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 92
Psalms 92
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste;
3
om soggens u goedheid aan te kondig, en in die aand u getrouheid,
4
met snaarinstrumente, met die harp en die begeleiding met die lier.
5
U groot dade maak my bly, Here! Ek juig oor u handewerk.
6
Hoe groot is u werke, Here! Hoe diep is u gedagtes!
7
Net ’n onkundige sal dit nie weet nie! Net ’n dwaas sal dit nie verstaan nie!
8
Die goddeloses floreer soos onkruid, en boosdoeners woeker met sukses; tog sal hulle vir goed vernietig word.
9
Maar U is hoog verhewe. U, Here, bestaan vir ewig.
10
Maar u vyande, Here, u vyande sal sekerlik vergaan. Alle boosdoeners sal verstrooi word.
11
U maak my sterk soos ’n buffel. U salf my met vars olie.
12
Ek sal die einde van my vyande sien. Ek sal hoor sonder om te vrees wanneer boosdoeners teen my opstaan.
13
Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon.
14
Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God.
15
Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra; hulle is vars en lewenskragtig.
16
Hulle sal sê: “Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.”
← Chapter 91
Chapter 93 →