bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 88
Psalms 88
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Here, God van my verlossing, dag en nag roep ek tot U.
3
Luister tog nou na my gebed; hoor my hulpgeroep.
4
Want my lewe is vol ellende, en die dood kom al nader.
5
Ek word getel saam met dié wat op pad is na die graf. Ek het geword soos ’n sterk man met geen krag meer oor nie.
6
Ek word saam met dooies getel, saam met gesneuweldes in die graf, hulle vir wie U nie meer onthou nie, wat afgesny is van u versorging.
7
U het my heel onder in die diepste kuil gesit, in die donkerste dieptes.
8
U toorn rus swaar op my, u golwe het oor my geslaan. Sela
9
U het my vriende van my weggeneem. U het gemaak dat hulle my verafsku. Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie.
10
My oë is dof van droefheid. Here, elke dag roep ek U om hulp, en sprei my hande uit na U in gebed.
11
Is u wonders vir die dooies bestem? Staan dooies op om U te loof? Sela
12
Word u liefde in die graf verkondig, en u trou in die plek van verderf?
13
Is u wonders bekend in die donkerte, u regverdigheid in die plek van vergetelheid?
14
Maar ek roep na U om hulp, Here. Elke oggend is my gebed voor U.
15
Here, waarom verstoot U my? Waarom draai U weg van my?
16
Vanaf my jeug het ek gely en was ek naby my dood. Die las van u verskrikking het my in verwarring.
17
U toorn het my oorweldig; u verskrikking het my vernietig.
18
Die hele dag omring hulle my soos vloedwater en sak op my toe van alle kante.
19
U het geliefdes en vriende van my weggeneem. Duisternis is my enigste geselskap.
← Chapter 87
Chapter 89 →